Inleiding
Langs die Vaalrivier tussen die rante van die Vredefortkoepel lę Schoemanshof. Hier kan jy wakkerword met die roep van 'n visarend en vergeet van die gejaag van jou daaglikse lewe. Schoemanshof is die kern van Nooitgedacht, die historiese Schoeman familieplaas by Schoemansdrift buite Potchefstroom.
Die rivier by Schoemanshof is bekend vir sy goeie vlieghengelwater en 'river rafting'. Die besonderse natuurskoon van die plaas bied baie vir voëlkykers, stappers en enige iemand wat lief is vir die natuur. Op afspraak kan avontuurlustiges die ou goudmyn op die plaas met 'absail' toerusting verken en die mampoer en witblits waarvoor die plaas so bekend is kan geproe word. Akkommodasie op die plaas is nou beskikbaar by Kollegerus. AanwysingsSchoemanshof is geleë 20 km buite Potchefstroom op die Schoemansdriftpad. Vanaf Johannesburg, in Potchefstroom, draai links in Mooirivierrylaan by Willows hotel/Dros (Dit is ook die pad na Viljoenskroon). Ry reguit aan met die pad vir ongeveer 20 km. Wanneer die teerpad ophou, ry ongeveer 300 m op grondpad tot by bord, Schoemanshof, aan die regterkant. Draai regs. Ongeveer 50 m, ou waenhuis is nou regs van jou, hek voor jou. Gaan deur hek en volg pad vir ongeveer 1,5 km tot by Kollegerus. |
Om te bespreek kontak asb. Parys Sentrale Besprekings by: 056 811 2000.